Sondag 26 Mei 2024 Stephan Briel
Manage episode 420375214 series 2644201
コンテンツは Gereformeerde kerk Bergbron によって提供されます。エピソード、グラフィック、ポッドキャストの説明を含むすべてのポッドキャスト コンテンツは、Gereformeerde kerk Bergbron またはそのポッドキャスト プラットフォーム パートナーによって直接アップロードされ、提供されます。誰かがあなたの著作物をあなたの許可なく使用していると思われる場合は、ここで概説されているプロセスに従うことができますhttps://ja.player.fm/legal。
Lees: Psalm 141 en Op 8: 1-5.
Fokus: Psalm 141: 1, 2.
Die krag en betekenis van opheffing van hande in gebed.
- Beproewing bring ook groot geloofsversoekings! En om hierdie versoekings te oorkom, vind Dawid sy krag daarin om met uitgestrekte hande te bid tot die Here!
- Die OT offerdiens is vir ons ‘n afbeelding van wat in die geesteswêreld soos in die hemel gebeur. En dis interessant dat die wierookaltaar wat in die OT in die Heilige deel van die tabernakel gestaan het (Eks 30: 6), deur die Hebreërskrywer (9: 3, 4) in die NT verskuif is na die Allerheiligste deel.
- In Openbaring 8 kry ons ‘n kykie agter die skerms – sien ons wat in die hemel gebeur terwyl ons hier op aarde met uitgestrekte hande bid: ons gebede bereik God in sy Allerheiligste hemelse troonsaal.
- Nadat ons gebede God bereik het, word die altaarvuur op die aarde uitgegooi.
- So het Moses se uitgestrekte hande in gebed veroorsaak dat Josua die Amalekiete heeltemal verslaan het (Eks 17: 11-13).
- Paulus moedig ook die opheffing van hande in gebed aan in 1 Tim 2: 8.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoe kan ons geloofsversoekings oorwin?
- Hoe is die wierookaltaar ‘n afbeelding van wat in die hemel gebeur?
- Wat is die betekenis van gelowiges se gebede in die hemel?
- Wat is die betekenis van gelowiges se gebede vir die aarde?
- Wat is die betekenis van uitstrek van my hande in gebed?
291 つのエピソード