Die Logika van Liefde
Manage episode 456352793 series 3072738
Romeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV)
Daar is iets wat my vir baie jare lank gepla het. En miskien pla dit jou ook terwyl ons aan Kersfees dink. Waarom het God Jesus na ons wêreld gestuur, om 'n mens te word, om uiteindelik aan 'n Kruis te sterf, om vir ons sondes te betaal, sodat ons vergewe kan word? Hoekom het Hy ons nie net vergewe en daarmee klaargekry nie? Dit sou tog baie makliker gewees het, nè?
En weet jy wat? Vir die eerste paar jaar nadat ek Jesus as my Verlosser aangeneem het, nadat ek een van die sogenaamde “Christene” geword het, het ek steeds nie 'n antwoord op daardie vraag gehad nie. Ek kon nie verstaan waarom God ons nie net kon vergewe het nie. Dit was tog nie nodig om Jesus na die kruis te stuur nie! En hoekom verwag Hy dat ons in Hom moet glo om van ons sonde gered te word?
Maar my vriend, weet jy, sonder 'n antwoord op daardie vraag, maak hierdie hele Kersfees-ding eenvoudig nie sin nie. Ek moes – ons moet – die logika wat agter hierdie grootste van alle liefdestransaksies lê, verstaan – Jesus se kruisiging om vir ons sondes te betaal.
Romeine 5:9: Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV)
En wat van God se toorn? Ons weet mos dat sonde nie ongestraf kan bly nie. En dit word tog beklemtoon deur die regstelsel – ‘n stelsel wat deur mans en vroue, wat na die beeld van God gemaak is, ontwerp is.
Dis reg! 'n Daad van onreg vereis straf. Dis maar hoe dit werk. En al ons dade van rebellie teen God verdien tog waarlik sy woede, sy toorn en sy geregtigheid.
Maar uit sy groot liefde het Hy ons skuld op sy Seun geplaas, wat betaal het deur sy bloedoffer aan die kruis. Sodat ons ... deur Christus, van God se toorn gered sal word.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
1448 つのエピソード