Daar is Geen god soos U nie
Manage episode 451394185 series 3072738
Psalm 86:8-10 Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor. Daar is geen god soos U nie, Here, niks kan met u werk vergelyk word nie.
Dink jy soms aan jou lewe as die reis van 'n pelgrim op soek na iets? Die meeste van ons sal seker antwoord dat hulle bitter selde aan hul lewensreis dink. Ek is immers besig. Ek het dinge om te doen. Plekke om te besoek. Mense om te sien.
Ja, en dan lê party mense aan die anderkant van die spektrum van besigwees; hulle is uiters verveeld. Baie bejaardes, of mense wat finansieel sukkel, het niks om te doen nie, geen heenkome nie, niemand om te sien nie. So, ‘n pelgrimsreis? … Nee wat!
Het jy al opgelet hoe jy altyd uitsien na die volgende ding? Die volgende vakansie, die volgende werk, die volgende fase in jou lewe? Jy sien uit na daardie één ding wat vir jou vrede, vreugde, tevredenheid en bevrediging sal bring – maar dit ontwyk jou; die ‘volgende ding’ breek nooit aan nie.
Ja, mense lyk dikwels soos pelgrims op reis. Hulle jaag 'n magdom verskillende dinge na, net om op die een lugspieëling na die volgende af te kom. Is dit nie tyd om te stop en om werklik te vind waarna jy soek nie?
Psalm 86:8-10 Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor. Daar is geen god soos U nie, Here, niks kan met u werk vergelyk word nie.
Arthur Pink, ‘n twintigste-eeuse pastoor en teoloog, het dit so gestel: "Gelukkig is die mens wat met verwondering God se majesteit gesien het."
My vriend, ons gaan nooit op hierdie aarde kry waarna ons soek nie. Want dit maak nie saak hoeveel klatergoud artikels jy besit nie en hoeveel klein afgodjies jy langs die pad opgerig het nie, hulle is almal bloot 'n lugspieëling. Net God self kan die diepste verlange van jou siel bevredig, want Hy alleen is God.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
1391 つのエピソード