Naby of Ver?
Manage episode 453331125 series 3072738
Psalm 73:27,28 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.
Elektriese voertuie raak al hoe meer populêr. Ja, maar weet jy, nadat ek ‘n rukkie gelede so effens paniekerig geraak het toe my selfoon se battery pap geraak het, moet ek jou sê, ek is maar so 'n bietjie versigtig vir hierdie nuwe motors. Wat van jou?
Natuurlik is ‘n kragprobleem van ‘n elektriese motor nie anders as wanneer jou brandstof in ‘n gewone kar op raak nie. Hulle kom altwee op dieselfde onvermydelike feit neer: as jy te ver en te lank van jou kragbron af dwaal, gaan jy tot stilstand kom.
Dieselfde geld vir die lewe. Gister het ons gesels oor die feit dat namate ons volwasse word en ons bewus word van ons eie swakhede en kwesbaarheid, raak ons minder op onsself aangewese. Ons vlees en ons hart kan ingee, maar God kan vir ewig die kragbron wees.
Goeie nuus. Wonderlike nuus. Maar dis nie so lekker om hierdie nuus te hoor as jy te ver en te lank afgedwaal het nie:
Psalm 73:27,28 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.
Te veel mense wat hul geloof in God bely het, dwaal te ver en te lank van God self af weg. Miskien kan jy jou daarmee vereenselwig? Indien wel, verstaan dan dat daar in die Bybel staan: Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.
Kom nader aan God. Moenie afdwaal nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
1405 つのエピソード